Hello world!
Welcome to WordPress. This is your first post. Edit or delete it, then start writing!
Welcome to WordPress. This is your first post. Edit or delete it, then start writing!
KERSFEES SKOUSPEL 2025
Kersfees Skouspel spog vanjaar met die room van Suid-Afrikaanse sangers en teatergangers gaan ‘n fees van talent sien en hoor, met Alwyn Oberholster, Anna Davel, Andrè Schwartz, Arina de Witt, Cordelia, Corlea Botha, Fatman (Johan Brummer), Leon Gropp, Louis Loock, Mari Bosman, Stephanie Baartman en Timothy Moloi, tesame met die Magaliebsurg Kinderkoor onder leiding van Hannelie van Sittert, almal op een verhoog.
Regisseur Frans Swart sê dat dieKersfees Skouspel hom baie na aan die hart lê, want dit is ten eerste ’n geestelike ervaring. “Elke jaar se Kersfees Skouspel het daardie iets dieper”, sê Frans. Hy is baie opgewonde oor die sterk span sangers en musikante wat in Kersfees Skouspel gaan optree. “Deur die jare was Kersfees Skouspel nog altyd ‘n skouspel van klank, kleur, kostuums, musiek, sang en beslis ‘n skouspel van Kersmusiek. Kersfees is so ‘n wonderlike tyd met die viering van Jesus se geboorte en dit is so ‘n voorreg om hierdie produksie net voor Kersfees aan te bied. Ons nooi al ons mense uit om Kersfees te kom vier met die wonderlikste kunstenaars en die mooiste Kersmusiek wat nog ooit geskryf is.”
Chanie Jonker is die musiekregisseur van vanjaar se Kersfees Skouspel. “Ek sien daarna uit om ’n paar ongewone dog relevante liedere in die produksie te doen, veral omdat ons sulke ongelooflike stemme op die verhoog het”, sê sy. “Dit is ook baie opwindend om van die land se beste musici en instrumentaluste saam met my op die verhoog te hê. Ons is natuurlik ook bevoorreg om hierdie jaar die Magaliesburg Kinderkoor o.l.v. Hannelie van Sittert as deel van die produksie te hê. Dit bring ’n baie spesiale element, dalk deels sentimenteel en onskuldig, saam met die boodskap van Kersfees.”
Besprekings vir Kersfees Skouspel 2025 kan aanlyn gedoen word by Webtickets.co.za en groepe van meer as 10 kry ‘n lekker afslag – skakel Monica by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com. Lees meer by www.kersfeesskouspel.co.za.